STANDARD DIRECT 13th August 2018

Ons Mickey, jou vriende se Louw en jou Mamma se Engel seun. 2008 is die eerste skeur in ons gesin snoer gemaak toe ons kind onverwags weg is. n Jongman so vol liefde, energie en omgee. Iemand wat altyd vir sy vriende opgestaan het, sy familie kon laat skaterlag het, sy Mamma op sy hande gedra het. As ons jou nog hier kon gehad het, sou ons oor al die ondeundheid gekyk het, nooit onnodig oor jou bekommerd wees nie, jou met onbegrensde liefde omring het. Dankie jy altyd vir tannie Toekies omgegee het, dat boeta na jou kon opkyk, dat jy so spesiaal was. Jy het jou Engel vlerke gesprei om vry te wees. Vlieg hoog en kyk maar uit, want almal van ons gaan n swerm saam met jou vorm en saam vlieg. My hart is saam met jou....Vir altyd en altyd****